27April 2018 - 29 April 2018
© Protea Cullifest 2017 E&O E, Terms & Conditions and all other legal stuff apllies

Welkom

Protea   Cullifest   is   vanjaar   17!      Ons   hooffokus   is   die   lieflike   proteablomme van   ons   eie   plaaslike   boer,   Japie   van   Staden,   wat   regstaan   met   raad   as   jy jou   eie   proteaboom   wil   plant.   Inderdaad   kan   proteas   ook   hier   gekweek word! Die    opelug    verhoog    sorg    vir    vermaak    aan    die    feesgangers    deur    top kunstenaars,    terwyl    daar    heerlik    gesmul    kan    word    aan    tradisionele eetgoed   soos   vetkoek,   kerrie   en   rys,   pannekoek,   worsbroodjies,   melkkos, pap en kaiings, poedings, hamburgers en nog meer.  Die   Wyntuin   (oop   elke   dag)   en   Biertuin   (oop   elke   dag   behalwe   Sondag eers vanaf 11h00) bied verversings vir droë kele. Geniet   'n   verskeidenheid   van   gehalte   kunsmark   stalletjies   wat   beloof   om in   elke   feesganger   se   smaak   te   val.   Mammas   kan   hul   kleingoed   in   'n veilige   kinder   speelarea   onder   toesig   laat   terwyl   hulle   rustig   deur   die stalletjies stap of 'n teater vertoning bywoon. Bespreek   jou   sitplek   vir   onvergeetlike   teater   genot   betyds   teen   ‘n   minimale bedrag. Koop   jou   toegangskaartjies   aanlyn   by   Computicket   of   by   die   toegangshek by die fees. Moet die fees nie misloop nie!
jou afrikaanse familiefees